RAiN Logo

Agri: Al die aanwysers wat saak maak

Wat in die makro-ekonomie gebeur het direk en indirek ʼn invloed op landbouprodusente se kostes en die pryse van produkte. Die ekonomiese nuus is die agtergrond waarteen jy elke dag besluite neem. Hierdie week se ekonomiese nuus is oorheers deur groei vooruitskattings vir 2023 en die impak van beurtkrag. Daar was ook ʼn paar belangrike aanwysers van hoe dit met verbruikers en vervaardigers gaan.